WEN met VKB Meganisasie dié Februarie

Jy kan in Februarie die wenner wees van ‘n pragtige pienk Case-speelgoedtrekker en knaker wat die hele maand lank tussen ons 13 Meganisasie-takke gaan rondtoer!

Hierdie pienk trekker en knaker ter waarde van R1 000 kan joune wees.

As jy die trekker kan vind en sy reis kan volg op ons Gebruikte Goedere-webtuiste en dan op ons daaglikse Facebook-plasing vertel waar hy hom op daardie tydstip bevind. Onthou, hoe meer jy inskryf, hoe groter is jou kans om te wen.


Die kompetisie sluit op 25 Februarie en die wenner sal op Vrydag, 26 Februarie op sosiale media bekend gemaak word.

Wees dus op die uitkyk vir hierdie oulike pienk trekker en laat weet ons waar jy hom – of is dit nou “haar”? – gewaar het.

Gaan soek die pink CASE Gaan antwoord ons waar hy tans is