17/07/2020
Mediaverklaring

SAMESPREKINGE OOR MOONTLIKE VENNOOTSKAP TUSSEN VKB EN GWK

Die onderskeie Direksies van GWK en VKB het die groen lig gegee vir samesprekinge om ‘n vennootskap en sinergieë tussen dié twee Suid-Afrikaanse landboumaatskappye te ondersoek.

Aandeelhouers en personeel van die maatskappye is vandag ingelig oor die aanvang van dié gesprekke wat daarop gefokus sal wees om die beste moontlike waarde vir GWK en VKB se belanghebbers, spesifiek hul aandeelhouers en produsente-kliënte, te ontsluit.


Einde.


Uitgereik deur VKB en GWK


Navrae: Koos Janse van Rensburg (VKB) | 083 444 4130
Navrae: Llewellyn Brooks (GWK) | 082 902 7094t

Pin It