VKB Foods – ‘n Unieke konsep

VKB Foods was uiteindelik ‘n eenvoudige antwoord op ‘n komplekse strategiese vraag waarmee die VKB Groep gekonfronteer was vir ‘n oplossing om ‘n kommoditeit, van waar dit op die plaas geproduseer is, te neem na die tafel van elke verbruiker in Suid-Afrika, natuurlik so ekonomies as moontlik.

Ten einde die proses ten volle te optimaliseer, moes ons poog om soveel as moontlik skakels in die waardeketting van die produkte te besit en te bestuur, van waar die produk geproduseer en bekom word, deur die vervaardigings- en verwerkingsproses, tot waar dit uiteindelik aan ‘n tevrede klant beskikbaar gestel word. Sodoende het ons volle beheer verseker oor die gehalte van die finale produk.

Dié inisiatief was vir die VKB Groep ‘n reis wat die Groep getransformeer het van ‘n trotse landboukoöperasie na ‘n dinamiese landbou-onderneming wat ten volle geïntegreerd is in die waardeketting van die produkte wat in ons bedieningsgebied geproduseer word. Die Groep is nou ‘n huis van voortreflike leier-handelsmerke wat die vertoonvenster van die strategiese visie saamvat.

Die kernprodukhandelsmerke van die VKB Groep is Grain Field Chickens, Magnifisan en Super-Sure, almal produkte van voortreflike gehalte, wat teen uiters mededingende pryse direk aan die publiek aangebied word deur die VKB Foods-handelswinkels.

Grain Field Chickens, ons vlagskiphandelsmerk, verteenwoordig ‘n reeks bevrore en vars hoender, meestal geproduseer op plase in die Oos-Vrystaat.

Die Magnifisan-handelsmerk verteenwoordig ‘n verskeidenheid produkte, maar meer prominent is die Super Maize Meal wat deur VKB Milling geproduseer word.

Ons Super-Sure-reeks sluit onder meer wit- en bruinbrood in, maar word gekomplementeer met ‘n reeks brood- en koekmeelprodukte wat by VKB Flour Mills geproduseer word.

Om die visie uiteindelik ten volle te verwesenlik, is die eerste VKB Foods-winkel in Sasolburg geopen op 21 Januarie 2016. Met ‘n vars handelsmerk het ons die mark die stryd aangesê en verder ook ons inhuisreeks aangevul met bekende en betroubare nasionale handelsmerke om waarde tot die totale aanbod aan die eindverbruiker toe te voeg.

‘n Tweede winkel is op 26 November 2016 in Bethlehem geopen.

Die VKB Foods-handelsmerk is nou reeds drie jaar oud en ons is steeds in die proses van uitbreiding met nuwe winkels wat in die Limpopoprovinsie geopen is, en daar is reeds nog ‘n aantal in die beplanningsfase vir die toekoms.

Ons sien daarna uit om u in ons VKB Foods-winkels te verwelkom waar ons gemotiveerde en vriendelike personeel sal verseker dat u ervaring een van uitstaande gehalte sal wees.

 

Pin It