Landboubestuursdienste
Die afdeling Landboubestuursdienste lewer die volgende dienste:
- Landbou-ekonomiese beplanning (oorlewingstudies);
- Ekonomiese- en lewensvatbaarheidsontledings;
- Verskaffing van landbou-ekonomiese besluitnemingsnorme, modelle en inligting (inset- en meganisasiekostebegrotings);
- Produksie- en bestuursdoeltreffendheidsontledings (Buro-onttrekkings);
- Die aanbieding van lesings rakende landbou-ekonomiese aspekte.
Naam |
Tel. |
Epos Adres |
Jaco Heckroodt |
058 863 8215 082 423 5804 |
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. |
Conrad Badenhorst |
087 358 8835 078 085 4426 |
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. |
Adrienne Bester |
084 582 8408 |
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. |
Landboukundige dienste
Die Landboukundige Dienste-afdeling lewer die volgende volkome onafhanklike dienste:
- Landboukundige beplanning;
- Die verskaffing van landboukundige besluitneming, norme en inligting;
- Die uitvoering van gewasproewe wat statisties verantwoordbaar is;
- Die wetenskaplike bepaling van gronddigtheid om grondverdigtingslae uit te wys en oplossings voor te stel;
- Die aanbieding van lesings rakende relevante landboukundige aspekte.
Naam |
Tel. |
Epos Adres |
JT Prinsloo |
087 358 8391 083 448 8288 |
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. |
Jacques van Zyl |
087 358 8496 078 815 5313 |
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. |
VKB-bestuursburo
Die bestuursburo van VKB lewer die volgende volgende belangrike dienste:
- Verskaffing van ’n volledige BTW- en belastingvoorbereidingsdiens;
- Advies en ondersteuning deur die ontleding en interpretasie van tegniese en finansiële data oor tyd (begroting-afwykingsverslae wat besluitneming oor die korttermyn ondersteun);
- Verskaffing van en opleiding in die gebruik van landbougerigte sagteware-programme.
Naam |
Tel. |
Epos Adres |
Salome Davel (Reitz) |
058 863 8529 072 467 7225 |
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. |
Ann Basson (Vrede) |
087 358 8825 083 659 4669 |
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. |
Landbou-sagteware (Landbou-apparatuur)
Dié afdeling tree op as handelaar vir landboukundige sagteware (apparatuur) om bestuursinligting te genereer. Die produkreeks van die sagtewarehuise Software Farm en AfriKlok word verkoop, geïnstalleer en onderhou. Opleiding word ook verskaf.
Die produkreeks wat bemark word, sluit die volgende in:
- Simfini: Hierdie omvattende finansiële rekordhoudingsprogram stel die gebruiker in staat om finansiële transaksies te boekstaaf. Dit het die voordeel dat bestuursinligting, sowel as inligting oor BTW en inkomstebelasting bygehou kan word. Begrotings kan ook deur middel van die program opgestel word. Transaksies wat kliente by VKB, SENWES, GWK, NWK, AFGRI en OVK aangaan, word elektronies op Simfini afgelaai. Finansiële, bestuurs- en belastingverslae is ook op dié stelsel beskikbaar.
- Akkoord: Akkoord is ’n arbeidsbestuursprogram wat die gebruiker in staat stel om alle arbeidsaangeleenthede soos vergoeding, verlof, dissiplinêre verhore en kontrakte elektronies aan te teken. Loonstate en WVF-verslae is van die belangrikste verslae wat beskikbaar is.
- Saaiplan: Dit is uiters noodsaaklik dat elke boer ’n volledige gewasbeplanningsmodel gebruik. Saaiplan word dus gebruik om gewasbeplanning en rekordhouding te vergemaklik. Die inligting is vir elke gewas, land of plaas onderskeidelik beskikbaar.
- Duet: Duet is ’n varsproduktebemarkingsprogram wat gebruik word om rekord te hou van varsprodukte wat van die plaas bemark word. Die basis van die program is ’n vragbrief wat aan ’n agent uitgereik word. Verkope en aftrekkings word teen die vragbrief aangeteken. Alle finansiële inligting kan ook elektronies na Simfini oorgeplaas word. ’n Verskeidenheid bestuursverslae en finansiële verslae is ook beskikbaar.
- Agrimelk: Die Agrimelk-program is ’n bestuursprogram vir melkerykuddes wat veelvoudige kuddes administreer. Rekordhouding van ’n wye spektrum aktiwiteite word gedoen.
- Agribees: ’n Bestuurstelsel vir kommersiële kuddes of stoetbeeskuddes word met behulp van hierdie program bestuur. Die stelsel word gebruik vir die administrasie en bestuur van individuele diere wat deel uitmaak van kuddes van hierdie aard.