WAARSKUWING TEEN SWENDELARY

Daar is tans kriminele sindikate wat VKB se naam gebruik om hul misdade te pleeg.

 Van die aktiwiteite behels:

 Kredietaansoeke

  • Bedrieërs skep ’n kredietaansoek om aansoek te doen vir krediet deur die gebruik van valse e-posadresse en dokumentasie. Rekenings wat gebruik word wat ondersoek word, is Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.; Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.; Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.; Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.; Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.; Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
  • Ons maatskappy se webwerf is https://www.vkb.co.za/ en ons e-posadresse gebruik die volgende formaat: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

 Werwing vir nuwe poste

  • Bedrieërs adverteer ’n nuwe pos by VKB, maar om te kwalifiseer, versoek die bedrieër ’n voornemende kandidaat om geld te betaal vir uitklarings/mediese uitslae.
    OF
  • Bedrieërs dui aan dat hulle namens VKB werf, maar voornemende kandidaat moet ’n fooi betaal om te kwalifiseer vir ’n onderhoud.
  • VKB vereis geen betaling of vra geen fooi vir toegang tot ’n onderhoud of betaling vir uitklarings/mediese uitslae as deel van die werwingsproses nie.

 Tenderaansoeke

  • Bedrieërs vra voornemende ondernemings om geld te betaal vir die verkryging van ’n tender.
  • Let asseblief daarop dat ons nooit ’n verskaffer of voornemende verskaffer via SMS of sosiale media sal kontak om hulle uit te nooi om te tender nie, en ons gebruik ook nie agente of vra ’n fooi vir registrasie van ’n verskaffer of tenders nie.

 Bankbesonderhede

  • Bedrieërs stuur korrespondensie aan kliënte wat aandui dat VKB se bankbesonderhede verander het en dat geld in die nuwe bankrekening inbetaal moet word.
  • Ons bankbesonderhede het nie verander nie.

 

As u enigeen van bogenoemde teëgekom het, meld dit asseblief aan by die SAPD en skakel ons anonieme Fluitjieblaaslyn by 0800 006 0050 of stuur ’n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Pin It