Die VKB Groep


The VKB Group

Die VKB Groep is ’n moderne, dinamiese landboubesigheid wat sedert sy ontstaan in 1919 voortdurend daarop fokus om oplossings vir die veranderende en uiteenlopende behoeftes van landbouprodusente en verwante belanghebbendes te bewerkstellig.

Die VKB Groep spog vandag met ’n uitgebreide struktuur wat bestaan uit 29 entiteite, waarvan VKB Belegging (Edms.) Bpk. (“VKB Beleggings”) die houermaatskappy is, en die landboubedrywighede en nywerhede onderskeidelik binne VKB Landbou (Edms.) Bpk. (“VKB Landbou”) en VKB Agri Processors (Edms.) Bpk. (“VKB Agri Processors”) ressorteer.
Die Groep beskik oor ’n unieke aansporingskortingmodel vir landbouprodusente wat aandeelhouers van VKB Beleggings is. Dié model, waarvolgens ’n wesenlike deel van elke jaar se verdienste uit die landboubesigheid as aansporingskortings aan VKB Landbou se aandeelhouers toegeken word, maak van die besigheid ’n voorkeurverskaffer in sy bedieningsgebied. Daarbenewens verklaar VKB Beleggings jaarliks dividende uit die winste wat gegenereer word deur die nywerhede (VKB Agri Processors Groep), asook die ander landbou-entiteite.

Die Groep is ook een van die prominente werkgewers in die Oos-Vrystaat- en Limpopo-platteland, en verskaf werk aan ongeveer 6 000 werknemers. Die Groep vorm die hoeksteen van die plattelandse ekonomie in die Oos-Vrystaat. As deel van goeie korporatiewe burgerskap belê die Groep toenemend in inisiatiewe en infrastruktuur tot voordeel van die gemeenskappe waar hy sy sake bedryf.